Deo Gloria Community Church Rockingham is 'n gemeente wat God in alles wil verheerlik en die gemeenskap met die liefde van Jesus dien.  Ons glo God het ons geroep om die Evangelie hier in Perth en verder te help vestig.  Ons gemeente is op 4 Februarie 2012 gestig.  

Ons is deel van Deo Gloria Family of Churhes wat tans ook gemeentes in Canning Vale (Leeming) en Singleton het.  

God het ons hier in AustraliĆ« geplant om onder andere die evangelie van die redding van Jesus te verkondig onder die 1ste generasie Afrikaansprekende immigrante, maar ook om die groter wordende 2de generasie immigrante, wat hoofsaaklik Engels praat.  Ons is ook geroep om die evangelie te verkondig aan die mense van hierdie land, vir wie God so lief het, dat Hy ook vir hulle Jesus gegee het. 

Op 'n Sondag het vier byeenkomste gelyklopend.  Daar is 'n aanbiddingsgeleentheid vir volwassenes in Afrikaans, sowel as 'n Youth Church vir hoĆ«rskoolkinders, 'n byeenkoms vir laerskool kinders en jonger kinders tussen 3-8 jaar oud, alles in Engels.  

Gedurende die week is daar omgeegroepe en ander bedienings, soos Bybelstudies vir Young Adults, jaar 10-12 jeug en Vrydagaand byeenkomste elke twee week vir hoƫrskoolkinders.