Ds Peet Grobbelaar leraar van Deo Gloria Community Church Rockingham

pr

Peet en Riekie Grobbelaar

Ds. Peet Grobbelaar was vir meer as ses jaar een van die leraars van die Ned Geref Gemeente Krugersdorp-Oos, waarna hy en sy gesin voltyds in Turkye, in een van die mins-geëvangeliseerde plekke in die wêreld werksaam was. Na sy terugkeer was hy mede-leraar van die N G Gemeente in Queenstown en vir meer as drie jaar een van die leraars by Moreletapark Gemeente in Pretoria. Voordat hy voltyds in die bediening gegaan het was vir byna 17 jaar eers in die sakewêreld betrokke. Hy is die skrywer van die boek Om met God te praat en ook mede-skrywer van die boeke Die Krag van Vas en Gebed, 50 geloofsvrae, God in die sirkel en Draai terug na God.  Peet is sedert Jan 2012 die leraar van Deo Gloria Community Church in Rockingham.